‘n Man het Sondag 5 Maart 2023 van ‘n kaai in die hawe van die Victoria en Alfred Waterfront in Kaapstad geval.
NSRI Tafelbaai, wat ter see aan boord van die Rescue 3 besig was met roetine-oefening, het die MOB-noodroep onderskep. Die noodroep is as ‘n laaste “op see”-oefening geïnisieer voordat hulle na hul basis sou terugkeer.
Kodewoord “RABBIT” het egter die oefening in werklikheid verander en hulle het besef dat daar regtig nood is. (NSRI verduidelik dat die kodewoord werklikheid beteken en dan oefening uitkanselleer.)
‘n Aantal bote in die omgewing het op die noodroep reageer. Die skipper van die boot Escape Cat het die MOB-waarskuwing uitgestuur dat alle bote in die area die GPS-posisie moes inneem. Hawebeheer is ingelig en het dadelik toestemming gegee dat Tafelbaai-hawe binnegegaan kan word. Nooddienste en ER24-ambulansdienste is geaktiveer. Die V&A se sekuriteit het ook op die noodroep reageer.
Met aankoms van die nooddienste op die toneel is gevind die boot Escape Cat het reeds die man uit die water gered. NSRI se medici het hom geassesseer. Hy is in ‘n stabiele toestand in die sorg van paramedici per ambulans geneem vir verdere mediese evaluasie.
Die NSRI het al die nooddienste en bote in die omgewing, veral die skipper van Escape Cat, wat dadelik MOB-noodroep uitgesaai het vir hulp, bedank.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



