Liggaam van stapper op Leeukop gekry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Metropolisiebeampte skiet kapers, tref een in kop

Die liggaam van ’n bejaarde stapper (79) wat vandeesweek op Leeukop oorlede is, is aan die SAPD oorhandig.

Die groep, Wilderness Search And Rescue (WSAR), het die SAPD Dinsdag gehelp om die liggaam op ’n meer toeganklike plek te kry.

Die stapper het glo sy bewussyn naby die kruin van Leeukop verloor. Sy stapmaats het WSAR gebel en hulle het besef die stapper is oorlede.

Hulle het die stapper in ‘n helikopter gelig en na ’n nabye landingssone geneem en aan die SAPD oorhandig.

Bronne: IOL, Times LIVE, Cape Town ETC

Lees ook: Metropolisiebeampte skiet kapers, tref een in kop