Die gemeenskap van Greenstone Hill in Modderfontein, Gauteng, is op die Greenstone Hill Community Facebook-bladsy gewaarsku om op die uitkyk te wees vir drie buffels.
Daar is aan FiND iT bevestig dat hulle uitgebreek het.
Hulle is die laaste keer in die omgewing van R25 en 9de straat (Serengeti / Eastlands) gesien.
Motoriste is gevra om met versigtigheid te bestuur.
Die buffels moenie genader word nie.
Indien enigiemand hulle opmerk, kan hulle die volgende persone kontak:
David: 082 789 1399
Alan: 076 247 1149
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



