Foto’s nie vir sensitiewe lesers nie!
‘n Sekuriteitsbeampte wat van diens was, is glo laat Dinsdagmiddag op die hoek van Moss- en Irelandstraat, in Verulam KwaZulu-Natal, beroof en vermoor.
Reaction Unit South Africa sê die beampte was by Osindisweni-staatshospitaal gebaseer.
Hulle het verskeie oproepe ontvang vir bystand vir die slagoffer.
Met aankoms op die toneel het paramedici die man met ‘n enkele bloeiende steekwond in sy bors gevind.
Hy het geen lewe getoon nie en is dood verklaar.
Na bewering, volgens getuies op die toneel, het twee verdagtes die man, wat steeds in uniform was, genader.
Een van hulle het glo ‘n mes te voorskyn gebring en besittings geëis.
Die veiligheidswag het glo geweier, waarna hy gesteek is.
Die twee verdagtes het glo sy besittings gevat en daarmee gevlug.
Volgens Reaction Unit South Africa kan die twee verdagtes moontlik met ‘n tweede moord in Februarie 2023 verbind word, waar hulle ook ‘n man in Toddstraat vir sy selfoon gesteek het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



