Slotargumente verwag in Gerhard Ackerman-saak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman sê seuns het geweet wat hulle moet doen by masseerbesigheid

Die verhoor van die beweerde seksringbaas Gerhard Ackerman word vandag in die Suid-Gauteng-hooggeregshof in Johannesburg vir slotargumente voortgesit.

Ackerman staan tereg op 738 aanklagtes, insluitend verkragting, mensehandel, poging tot moord, die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.

Verlede week het Ackerman erken dat hy slegs tienerseuns van die ouderdom van 16 vir sy masseurbesigheid aangestel het, maar dat hulle vrywillig daar was en geweet het wat hulle sal moet doen..

Ackerman het ook gesê hy het seks gehad met van die seuns, maar dat hulle gewillig was.

Die staat hou vol dat Ackerman hulle onder valse voorwendsels na sy huis gelok het en aan ou mans beskikbaar gestel het.

Bronne: SABC, News24

Lees ook: Gerhard Ackerman sê seuns het geweet wat hulle moet doen by masseerbesigheid