Man vermoedelik doodgeslaan en in gras gegooi

Deel hierdie storie / Share this story

Die halfkaal liggaam van ‘n man is Maandagmiddag in gras langs ‘n rivier in Hazelmere, KwaZulu-Natal, ontdek.

Reaction Unit South Africa is om15:02 gekontak nadat ‘n visserman die liggaam ontdek het.

Met aankoms van die Verulam-polisie en Rusa se reaksie-offisiere het hulle die liggaam ongeveer 100 meter van die pad in lang gras gekry. Die man se onderlyf was kaal. Sy kortbroek is ongeveer 10 meter van hom af gevind.

Rigor mortis het reeds ingetree. Sy liggaam het tekens van iemand wat moontlik aangerand is, getoon.

‘n Moordsaak word deur die polisie ondersoek.

FiND iT het polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel