Man beland met voertuig in gat

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man het Vrydagaand matige beserings opgedoen toe hy ongeveer 21:40 met sy motor in Beyers Naudé-rylaan in Waterval, Johannesburg, van die pad af gery en in ‘n uitgrawing tot stilstand gekom het.

Netcare 911 het hulle na die toneel gehaas.

Met aankoms op die toneel het hulle die voertuig in ‘n uitgegrawe gat gevind. Aanduidings was dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het, van die pad af is en so in die gat beland het.

Die bestuurder het matige beserings opgedoen en is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel