Die EFF beplan ‘n nasionale stilstand vir 20 Maart 2023. Elektrisiteit en president Cyril Ramaphosa se bedanking word geëis.
Die EFF het op 2 Maart 2023 in ‘n verklaring gesê die stilstand word deur SAFTU (South African Federation of Trade Unions) ondersteun.
Leigh-Ann Mathys, nasionale woordvoerder van die EFF, het die nasionale stilstand aan FiND iT bevestig nadat inwoners van die Noord-Kaap die geldigheid van ‘n skrywe bevraagteken het.
Daarin word gesê dat skole, winkels, besighede en openbare paaie op die betrokke dag sal toegemaak word.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



