Die Suid-Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld het gister sy 36ste verjaardag gevier. “36 klink nogals cool en volwasse. Is ek nou groot?”
“Hoe gebeur alles so vinnig? Net wanneer jy dink jy is nou groot en het redelik alles uit “gefigure” dan gooi die lewe jou nog so paar curve balls of jy lees ‘n nuwe boek of jy ervaar iets nuuts want jy nooit besef het bestaan nie en dan voel dit asof jy alles weer van voor af moet begin leer en verstaan en nuwe vrae vra…. Maar solank ons vrae vra en aanhou leer en besef dat ons nooit alles sal verstaan nie.
“Alhoewel ouer word so vreemd vir my voel weet ek ons het nie daar ‘n keuse nie, dit moet gebeur en dis ‘n groot voorreg… maar ek sien ook uit na wat God nog vir my beplan het op hierdie lewenspad want dit voel asof ek nou eers begin stap….
“Ek leer myself nog steeds elke dag ken en verbaas myself steeds amper elke dag oor die mens wie ek is, was en dalk nog gaan wees.
“Vandag is ek 36 en ek dank vandag God vir al die jare wat Hy my gespaar het. Dankie vir U genade, ek gryp elke bietjie wat ek kan kry want ek het dit so baie nodig elke dag wat ek asem haal.
“Baie dankie vir almal se mooi wense en boodskappe…. Daar is so baie en ek waardeer elkeen van hulle en lees hulle almal ![]()
“Dis een groot voorreg om ouer te word. Dit besef ek elke dag meer en meer. Alle eer aan God.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



