Lid van Tembe- koninklike familie doodgeskiet in KZN

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in besit gevind van Nick Frischke se besittings terug in hof

Sandile Tembe, die neef van die Tembe- koninklike familie, is Saterdagaand doodgeskiet buite ’n plaaslike snoepwinkel naby sy huis by die eMfihlweni Royal Residance in Manguzi, KZN.

Sandile Tembe was ook ’n lid van die Manguzi-polisieforum teen oorgrens misdaad. Volgens die SABC het Tembe geveg teen ’n oorgrens sindikaat wat 4×4 voertuie en gesteelde goedere na Mosambiek gesmokkel het.

Tembe is verskeie kere geskiet en is op die toneel dood verklaar. Die Tembe-familie glo dit was ’n sluipmoord.

Bronne: IOL, Times LIVE, VN Explorer

Lees ook: #JusticeforAKA ‘trend’ terwyl aanhangers antwoorde soek