Altesaam 17 mense beseer toe bus en taxi bots

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 17 mense is vanoggend beseer toe ‘n bus en ‘n taxi in Abu Baker-rylaan in Soweto in ‘n botsing betrokke was.

ER24 en ander nooddienste het omstreeks 07:00 Maandagoggend op die toneel aangekom waar die taxi onder die voorkant van die bus was. Verskeie passasiers het op die sypaadjie gesit en die bestuurder van die taxi was nog in die voertuig vasgekeer.

Reddingspanne moes spesiale toerusting gebruik om die bestuurder uit die taxi te bevry.

Vyf mense was in ‘n ernstige toestand en verskeie ander het beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na onderskeie hospitale geneem is vir behandeling.

Omstandighede rakende die botsing is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel