Ouma Annet Hester Broodryk (72) het vanoggend om 09:25 (deur ‘n CCTV-kamera bevestig) uit die huis in Doorpoort, Pretoria, by familie waar sy bly, gestap.
Sy ken niemand anders in Pretoria behalwe haar familie nie.
Daar is geen boodskap of brief gelaat wat ‘n aanduiding kan gee waarheen sy is nie.
Sy het deure en hekke oopgelaat.
Niks word uit die huis vermis nie.
Stiena Brink het aan FiND iT gesê dat Sinoville-polisie, GPF, Sektor en Pink Ladies hul tans met die soektog bystaan.
Indien enigiemand weet waar Broodryk haar bevind, kan hulle vir Stiena Brink by 074 935 5373 kontak, of alternatief vir AO. Booysen by 073 459 0757.
Sinoville SAPD verwysing is 01/03/2023.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



