Die rampregulasies wat gister bekendgemaak is, skep onsekerheid en wantroue by die publiek, aangesien die regulasies “nie duidelik is nie”, meen AfriForum.
Hierdie regulasies volg ná ’n ramptoestand weens die kragkrisis wat op 9 Februarie 2023 afgekondig is. ’n Duidelike uiteensetting oor hoe die regering deur middel van hierdie regulasies die kragkrisis gaan oplos en die stappe wat in plek gesit gaan word om die doel te bereik, ontbreek.
LEES | Ramptoestand se regulasies in die staatskoerant gepubliseer
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Maandag die regulasies van die nasionale ramptoestand binne die energiesektor in die Staatskoerant gepubliseer.
“Dit blyk dat die samestelling van hierdie regulasies lukraak gedoen is om die publiek te paai. Die regulasies is onnodig omdat reeds in bestaande wetgewing voorsiening gemaak word vir die maatreëls wat daarin vervat is,” sê Tarien Cooks, rampbestuurspesialis by AfriForum.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



