‘n Britse toeris het vroeg Maandagmiddag 27 Februarie 2023 op die Otter-staproete by die waterval wes van Stormsrivier-mond in die Tsitsikama- nasionale park, in die Suid-Kaap, gegly, geval en is ernstig beseer.
NSRI van Oesterbaai en Stormsrivier, SA Nasionale Park-bewaarders, Private Care-ambulansdienste en EMS/AMS Skymed-reddingshelikopter is geaktiveer.
Die Weskaap-regering se gesondeidsdienste EMS is op bystand geplaas.
Die vrou was saam met haar man toe die insident plaasvind.
Verbygaande stappers het verder gestap om selfoonsein te kry, waarna hulle hulp ontbied het.
Met aankoms op die toneel is behandeling toegepas om die pasiënt te stabiliseer.
Sy is daarna voorberei om van die toneel gehaal te word omdat dit bykans onbereikbare terrein is.
Sy is onder sorg van paramedici met die reddingshelikopter na ‘n landingsgebied geneem, waarna sy per ambulans, in ‘n ernstig, maar stabiele toestand, na ‘n hospitaal geneem is.
Die spanne se vinnige reaksie is geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



