Speurders in Bayview werk onverpoosd om die moordsaak van die 38-jarige Bradley Singh op te los.
Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê Singh se lewelose liggaam is die oggend van 21 November verlede jaar in 27ste Laan in Umhlathuzana, Chatsworth gevind.
Singh het verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad. Die motief vir die moord was aanvanklik diefstal omdat Singh se selfoon en sak nie op die toneel gevind kon word nie. Soos die ondersoek verloop het, kon speurders vasstel dat Singh se vrou en haar kêrel glo by die moord betrokke was.
Loretha Somone Ramrathan (29) en Zace Wendell Leo Brock (37) is op 24 Februarie vanjaar in hegtenis geneem.
Die twee het op 27 Februarie in die hof verskyn en sal in aanhouding bly tot 2 Maart 2023.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



