Melinda Bam deel foto’s van babatee

Deel hierdie storie / Share this story

Melinda Bam, voormalige Mej. Suid-Afrika, wat reeds vroeg in Februarie 35 weke swanger was, het die mooiste foto’s van haar babatee en swangerskap op sosiale media gedeel.

Die babatee was vir Ruach Michal Bergh wat in Maart deur sy ouers Melinda Bam en Adriaan Bergh, verwag word.

Bam het ‘n besondere boodskap oor haar babatee gehad.

Wanda Bam, haar ma, het op haar beurt weer ‘n besondere boodskap vir Melinda gehad.

Lees dit hier:

Melinda het die volgende van haar babatee te sê gehad:

Omring jouself met vroue wat jou die weg sal wys, jou voete geplant sal hou, jou kop sal lig, jou arms omhoog en jou oë gefokus hou.⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀

Omring jouself met vroue wat in jou ore waarhede fluister, jou herinner aan hoe sterk jy is, die geraas sal uitdoof, jou toemaak in gebed en gretig is om wysheid te deel, en ook net te luister.⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀

Ek het weer by my babatee besef dat ek sulke vroue in my lewe het wat van onskatbare waarde vir my is. Om omring te wees met God-vresende vroue is nog altyd die Vader se hart vir gemeenskap soos Hy dit bedoel het.⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀

Dit neem ‘n “village” om kinders groot te maak, en doelbewus só. Want dit is in die modellering van gemeenskap, inspraak en vermenigvuldigde vreugdes en verdeelde laste wat ons kinders in die goedheid van God in ander laat glo.⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀

Staan reg vir n epiese #babatee photodump, daar’s net te veel mooi gewees op die een dag en ek kan nie wag om dit met julle te deel nie!!!

Wanda Bam het die volgende vir haar dogter op sosiale media geplaas:

SELFLOOS

Melin, jy is ‘n pragtige swanger mamma. Ek is lief vir jou en staan verstom oor die opregte wyse waarop jou vriendinne vir jou omgee en jou dag met opregte vreugde gedeel het. Ek sien uit na elke kuier, elke keer se deel in die mooiste seisoene van jou lewe. Mag jy altyd waardeer word vir wie jy is en nie net vir wat jy so vrylik van jouself gee nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel