Die twee vroue van 25 en 30 jaar oud het glo vanaf die kitsbank by die vulstasie huis toe gestap toe hulle deur ses onbekende mans om 20:45 genader is.
Die verdagtes het hulle van hul selfone en geld beroof. Een van die verdagtes het die jonger dame gegryp en in die nabygeleë bosse ingetrek en haar verkrag.



