Man skiet glo vrou en pleeg daarna selfdood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Paramedici-paartjie van die Bocum-area, Limpopo, is vanoggend ongeveer 06:00 dood toe Norman Phalandwa (55) vanoggend na bewering eers Mokhapi Phalandwa (44), sy vrou, geskiet het en daarna selfdood gepleeg het.

Brig. Motlafela Mojapelo sê die vrou het glo ‘n beskermingsbevel teen haar man gehad.

Voorlopige ondersoek van Senwabarwana-polisie dui aan dat die man glo uitgetrek het om in ‘n gehuurde kamer in dieselfde area te gaan woon.

Die vrou het haar man na bewering vanoggend besoek, waarna hy die vuurwapen uitgehaal het en haar eers geskiet het en daarna homself.

Met aankoms van polisie op die toneel is beide se liggame met skietwonde gekry waar dit in die straat gelê het.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel