Chris Else, sanger en sy vrou Chanelle, het vir ‘n geruime tydjie hulle volgelinge op sosiale media ingelig van Clara, hul baba, se vordering.
Clara is vroeg met ‘n noodkeisersnit gebore en het boonop teen longontsteking in die intensiewesorgeenheid geveg.
Die plasing van ‘n video was toe Clara twee dae gelede ontslaan is om saam met haar ouers te kon huis toe gaan.
Haar ouers het almal vir hul gebede en omgee bedank.
In sy laaste plasing gister voordat pajamadril, soos wat hy dit stel, vir hulle aangebreek het, het Chris ‘n foto gedeel waarby hy sê Clara sê self dankie vir die liefde en omgee.
Hy voeg by dat sy veilig in haar eie bed is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



