Vrou van Kameeldrift gesoek na sy spoorloos verdwyn

Deel hierdie storie / Share this story

Landi Prinsloo (39), ‘n ma van drie kinders, van Kameeldrift in Pretoria is sedert gister 08:15 vermis.

Sy het met ‘n wit Toyota Prado gery.

Die voertuig is intussen op die Molotopad naby die Roodeplaat-polisie se honde-eenheid opgespoor waar dit parkeer is.

Daar was geen teken van Prinsloo nie.

‘n Soektog na haar is sedert vanoggend 08:30 vanaf die hondeskool aan die gang.

Jann Prinsloo het aan FiND iT bevestig dat sy weg is.

Die soektog vind by Pienaarsrivier plaas, aangesien van haar persoonlike besittings vroegoggend, wat haar klere en selfoon insluit, langs die rivier gevind is.

Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan daar met Jann Prinsloo in verbinding getree word by 082 304 9099, of Kameeldrift-polisiestasie by 012 819 8211.

Foto: Jann en Landi Prinsloo.

Kameeldrift Polisiestasie 02/02/2023 verwys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel