Sewe persone oor gewelddadige protes in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Sewe persone, tussen die ouderdomme van 35 en 40 jaar oud,is in hegtenis geneem nadat hulle op 22 en 23 Februarie 2023 aan gewelddadige protesaskies oor dienslewering in Ikageng-woonbuurt in Potchefstroom, Noordwes, betrokke was.

Brig. Sabata Mokgwabone sê daar is buiten die inhegtenisnemings, beslag op ‘n taxi gelê.

Na bewering was die verdagtes deel van ‘n groep wat die N12 met stene, brandende bande en ander voorwerpe afgesluit het. Hul protes het gelei dat paaie vir verkeer gesluit moes word.

Die groep het later na die sakegebied opgeruk om gehoor te word oor hul ontevredenheid met dienslewering.

Die verdagtes het reeds gister vir openbare geweld in die Potchefstroomse landdroshof verskyn. Hulle is op waarskuwing vrygelaat en moet op 9 Maart 2023 weer in die hof verskyn.

Die situasie is tans kalm en die paaie is vir verkeer heropen. Polisie en verkeerspolisie hou die situasie dop. Motoriste en ander padgebruikers word gemaan om versigtig te wees.

Lt.genl. Sello Kwena het sy misnoeë uitgespreek teenoor die gewelddadige protesaksie en gesê die gemeenskap kan hul ontevredenheid op ‘n rustige en wetlike manier soos wat in die grondwet uiteengesit is, uitoefen. Hy het gewaarsku dat opgetree sal word teen persone wat nie die wet respekteer nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel