Vulstasiebestuurder vas vir beweerde bedrog en diefstal

Deel hierdie storie / Share this story

Anele Mqhathu (29) ‘n vulstasiebestuurder van Tsolo in die OR Tambo-distrik is Maandag 20 Februarie 2023 deur die Valke se direktoraat vir prioriteitsmisdade in die Oos-Kaap vir beweerde bedrog en diefstal in hegtenis geneem.

Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder vir die Valke, sê die eienaar van die vulstasie het na bewering in Januarie 2021 agtergekom dat inkomste onverklaarbaar op ‘n daaglikse basis begin minder raak het.

‘n Oudit is van Januarie 2018 tot Augustus 2021 gedoen om agter die kap van die byl te kom. Daar is glo gevind dat tekorte geen geldige papierwerk of berekeninge van die bestuurder se kant kon wys nie. Die ondersoek het bevind dat meer as R770 000 kontant vermis was.

Die saak is aan die Valke gerapporteer waarna die bestuurder in hegtenis geneem is. Die bestuurder is op 20 Februarie 2023 in hegtenis geneem en het op dieselfde dag in die Mthatha- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.

Die saak is uitgestel tot 14 Maart 2023 sodat kopieë van die dossier bekom kan word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel