Twee persone is Saterdagaand dood toe ‘n motor met ‘n stilstaande voertuig langs die N1 in Pretoria gebots het.
Volgens Emer-G-Med het hy kort voor 22:00 Saterdagaand ‘n oproep ontvang oor die botsing. Met paramedici se aankoms op die toneel, kon hulle vasstel dat ‘n voertuig in die middelbaan van die N1 gaan staan het. ‘n Ander motor het gestop om die bestuurders van die onklaar motor te help.
‘n SUV het toe in die onklaar voertuig sowel as die persone wat besig was met herstelwerk, vasgery.
Twee middeljarige mans, een van die motor wat gebreek het en een van die motor wat gestop het om te help, is op die toneel dood verklaar.
Vier ander persone, insluitend die bestuurder van die SUV, het beserings opgedoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



