Waarskuwing na 18-jarige van slangbyt op Gouda sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Bevestig: AKA dood in sluipmoord

’n Gouda-gemeenskapsaktivis het inwoners gewaarsku om versigtig te wees nadat Samantha Booysen (18) oorlede is na ’n Kaapse kobra haar Sondag gepik het terwyl sy slaap.

Gemeenskapsaktivis Colin Ren het gesê haar dood het die gemeenskap geskok, want sy is die eerste persoon waarvan hulle weet wat dood is van ’n slangbyt op dié Kaapse Wynland-dorpie.

Ren het mense gewaarsku om versigtig te wees in die warm seisoen en om alles te doen wat hulle kan om seker te maak slange kom nie by hulle huise in nie.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: Bevestig: AKA dood in sluipmoord