“Sy was maar 12 dae oud toe sy gesterf het. Voor my sien ek stukkende mense. Dit is nie lank nie, of Marina se gesig is weer nat van die trane, wat sy met ’n lappie afvee. In my gedagtes maal dit dat ons met pyn in die wêreld kom en weer met pyn daaruit gaan – ons eie pyn en ander s’n. Ek is op daardie oomblik weer diep onder die indruk van my gebrekkige wysheid as mens,” vertel ‘n dominee van Bloemfontein.



