Twee vroue en twee kinders dood in brand

Deel hierdie storie / Share this story

Twee volwasse vroue en twee minderjarige kinders is onherkenbaar verbrand toe ‘n informele huis in Tottenhamstraat in Parkgate, KwaZulu-Natal, Saterdag aan die brand geslaan het.

Inwoners het Reaction Unit South Africa (Rusa) ongeveer 22:30 van die brand in kennis gestel. Lede is dadelik na die toneel gestuur waar die persone in die huis vasgekeer was.

Die Ethekwini Fire & Rescue Services het kort na die lede op die toneel aangekom en die brand geblus. Die verbrande liggame van die vier persone is in die huis gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel