‘n Man (40) het beserings opgedoen toe hy Sondagmiddag in Silver Oak Road in Oaklands, KwaZulu-Natal, deur ‘n pitbull aangeval is.
Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) het ‘n oproep vanaf die man se familie ontvang nadat hy glo by hul woonstel opgedaag het. Sy linkerbeen is beseer.
Die man was glo op pad huis toe toe die hond hom aangeval het. Hy kon wegkom en is later na ‘n hospitaal vir behandeling geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



