‘n Gr. 11-leerling is dood en 14 ander ernstig beseer toe ‘n voertuig wat die leerlinge skool toe geneem het, Maandag gerol het.
Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, sê die leerling van Sekondêre Skool Protea Glen is dood nadat die bestuurder van die voertuig beheer verloor het oor die voertuig en dit gerol het.
Die ongeluk het op die R599 in Protea Glen plaasgevind.
Van die ander leerlinge wat ook in die voertuig was, is drie in ‘n kritieke toestand en 10 ander beseer. Die leerlinge is na die ongeluk na verskeie hospitale vir behandeling geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



