LEES OOK: Moenie vals nuus oor sy toestand versprei nie, vra Pilgrim
Die verskerping van intelligensie-gedrewe operasies, om die smokkel van onwettige sigarette na die land te voorkom, het gelei tot die arrestasie van elf verdagtes, beslaglegging op onwettige sigarette en vyf van die tien motorvoertuie wat hulle in die vroeë oggendure langs die Piesanghoek-pad vervoer het. Donderdag, 09 Februarie 2023.
Lede van die Limpopo-opsporingspan en Capricorn Highway Patrol geoperasionaliseerde het inligting van 10 motorvoertuie ontvang wat onwettige sigarette van Zimbabwe na Suid-Afrika gesmokkel het. Die voertuie is in ‘n konvooi op die N1-pad vanaf Musina na Louis Trichardt rigting bestuur.
Die span het die genoemde voertuie langs die Piesanghoek-pad ingehaal nadat die konvooi ’n ompad geneem het om polisie-opsporing te vermy. Die verdagtes het toe weggejaag en ‘n hoëspoedjaagtog het gevolg. Vyf voertuie is met die hulp van lede van die Louis Trichardt-plaaswag vasgekeer. Die ander vyf het daarin geslaag om arrestasie te ontduik.
Die polisie het beslag gelê op twee BMW’s, ‘n Ford Territory, Nissan Pathfinder en ‘n Audi A4. Altesaam 31 meesterbokse en 407 pakkies onwettige sigarette teen ‘n geraamde waarde van R426 640.00.
Die verdagtes, tussen 24 en 43 jaar oud, sal vandag, 10 Februarie 2023, in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn op aanklagte van die hantering en besit van onwettige sigarette, oortreding van die immigrasiewet, roekelose en nalatige bestuur, bestuur van ‘n motorvoertuig sonder ‘n geldige rybewys (teen die bestuurders) en weerstand teen arrestasie.
Die soektog na die ander verdagtes duur voort. Enigiemand met inligting kan ao. Phaladi Makola by 082 749 2233 of Stop Misdaadnommer 08600 10111 kontak.



