Mans wat van balkon afval en oorlede is, was tweelingbroers

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Twee dood, een kritiek na balkon meegee

Die twee mans wat oorlede is nadat ’n houtreling in Shaka’s Rock meegegee het, was tweelingbroers wie hulle verjaarsdag gevier het. 

Só berig the North Coast Courier.

Die derde persoon, ’n vrou, is beseer en na die Victoria Mediclinic gehaas, het IPSS Medical Rescue bevestig.

Die balkon was op die derde verdieping van die Paros-kompleks in Shaka’s Rock. 

Hulle het glo teen die houtreling, saam met die vrou, geleun om ’n foto te neem, toe dit meegegee het en hulle sowat 15m geval het. 

IPSS Medical Rescue het op die toneel gereageer en die broers probeer behandel, maar hulle is op die toneel dood.

LEES OOK: KYK: Sewejarige beskerm jonger boetie vir 36 uur onder puin na aardbewing