Die polisie op Apel, Limpopo, doen ‘n beroep op die gemeenskap om die vermiste 17-jarige tienermeisie, Rorisang Shaku, te help opspoor. Shaku is volgens die polisie laas op 14 Januarie gesien.
Die tienermeisie het glo die huis verlaat sonder om enigiemand in te lig waarheen sy op pad was. Sy het ‘n rooi T-hemp en ‘n blou denim aangehad.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 079 583 8789 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



