Rots val van berg, beseer drie stappers

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Buurtwaglede maak gru-vonds in park

‘n Groep van sewe stappers het teruggekeer van ‘n nag in die berge, via Volstruiskloof, net buite Stellenbosch, toe ‘n rots van sowat 60 kg van bo af geval en in skerwe versplinter het op die rotsbank waarop hulle was.

Luidens Wilderness Search And Rescue (WSAR) is drie van die stappers beseer, met een wat ‘n oop wond opgedoen het.

Nog ‘n stapper is oor ‘n oop rand gestamp, maar is deur ‘n veiligheidstou verhinder om te val. Die stapgeselskap het saamgedrom, die beseerdes kalmeer en reddingsdienste gebel.

’n Helikopter met ’n span van WSAR is gemobiliseer en die ernstiger beseerde stapper is na ’n nabygeleë landingsone gevlieg terwyl die ander van die rand af gehys is. Al drie beseerdes is na die hospitaal vervoer vir behandeling.

Die reddingskoördineerder het die helikopterbemanning geloof vir hul uitsonderlike vliegvaardighede en WSAR-woordvoerder Johann Marais wens die beseerdes ‘n spoedige herstel toe en vra vir ondersteuning om die noodkontaknommer en die #IAmWildernessSafe-veldtog te deel.

LEES OOK: Man in hegtenis na hy skilpad probeer verkoop