Vrou glo met R512 200 se dagga in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (47) is Vrydag 3 Februarie in die ZFM-distrik op die N14 buite Upington die Noord-Kaap in hegtenis geneem toe ‘n groot hoeveelheid dagga glo in haar bagasie gevind is.

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê polisielede het op inligting dat ‘n vrou dagga in ‘n taxi na Upington vervoer, reageer.

Die taxi is op die N14 buite Upington gestop, die vrou is glo geïdentifiseer en haar bagasie is deursoek. Dagga met ‘n geskatte waarde van ongeveer R512 500 is glo in haar bagasie gevind. Sy is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Brig. Peet Coetzee, die waarnemende distriksbevelvoerder, het die vinnige aksie van die polisielede geprys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.