Vrou glo langs haar man seksueel gemolesteer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (31) is na bewering vroeg Sondagoggend in haar huis in Buffelsdraai, KwaZulu-Natal sekuseel aangerand deur ‘n vermeende verdagte, terwyl sy langs haar man gelê en slaap het. Die gemeenskap het hom daarna ‘n les geleer.

Reaction Unit South Africa is net na middernag na die toneel ontied.

Na bewering het die slagoffer langs haar man gelê en slaap toe sy skielik wakker word en voel hoe iemand haar seksueel probeer penetreer.

Sy het haar verbaasde man gekonfronteer en toe hy die lig aanskakel, het hulle die vermeende verdagte saam met hulle in die kamer gevind.

Hulle het glo om hulp geroep, waarna hul bure hul gaan help het. Die verdagte, wat glo in dieselfde area bly, is aangekeer.

Die verdagte het glo aan reaksie-offisiere gesê hy het die perseel deur ‘n deur wat nie gesluit was nie binnegegaan.

Hy het glo verder seksuele molestering erken.

Die gemeenskap het reg in eie hande geneem en hom ‘n les geleer.

Hy is vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.