Vrou gee stilgeboorte langs pad

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou het Sondag in die vroeë oggendure minute weg van Phoenix-kliniek in KwaZulu-Natal ‘n stilgeboorte gehad.

KZN VIP Protections Services is deur Whetstone Drive, ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy, vir hulp gevra.

Die vrou was reeds besig om geboorte te gee. ‘n Staatsambulans is na die toneel ontbied. Met aankoms op die toneel kon niks vir die baba gedoen word nie. Die baba is dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.