Erna van der Merwe deel haar lekker poedingresep, perfek vir ‘n Maandagaand.
“Ek het die bruismeel met koekmeel en twee teelepels bakpoeier vervang, die strooisuiker met gewone suiker en gebruik maar ‘n baie groot bak, anders kook dit oor.”
Bestanddele:
60 g botter
1 koppie strooisuiker
1½ koppie bruismeel
180 ml melk
½ koppie kakao
1 koppie bruinsuiker
2 teelepels kitskoffiepoeier
2 koppies kookwater
Metode:
Smelt botter vir een minuut in ‘n 3l-glasbak.
Meng strooisuiker, meel, melk en helfte van die kakao by en meng tot glad.
Meng en strooi die orige kakao, bruinsuiker en koffiepoeier eweredig oor deeg.
Gooi kookwater versigtig oor.
Kook onbedek vir 12 minute (of tot gaar in middel) in die mikrogolf.
Laat staan vir vyf minute.
Net een vuil bak om te was! Geniet!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



