Idols SA het Sondagaand hul laaste seisoen aangekondig.
Dit is met ‘n video-opname op Idols SA se Facebook-blad gedoen.
Daar was 18 vorige seisoene wat 18 sangers se drome waar gemaak het.
Seisoen 19 blyk die laaste Idols SA-seisoen te wees.
Die oudisies vir die laaste Idol uit SA-bodem begin op 12 Februarie 2022.
Wie was tot dusver jou gunsteling van die Idols?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



