‘n Kleuter (4) is kritiek en sy ma (33) ernstig beseer toe die Mercedes-stasiewa waarin hulle gereis het Donderdagmiddag op die N1 Suid, 10 km buite Polokwane, Limpopo, van die pad geloop en gerol het.
ER24 sê beide ma en kleuter is deur die agterste windskerm uitgeskiet. Dié privaat ambulansdiens en staatsambulans het ongeveer 14:15 op die toneel aangekom.
Ma en kleuter is ongeveer 500 meter van die voertuig gevind. Die bestuurder van die voertuig het ongedeerd van die ongeluk afgekom. Dit wil voorkom asof hy beheer oor die voertuig verloor het, waarna dit gerol het.
Die ma en kleuter het glo ‘n saamrygeleentheid in die voertuig gekry. Beide is met gevorderde lewensondersteunende intervensie behandel voordat hulle na ‘n hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



