’n KwaZulu-Natalse polisiebeampte wat sy verloofde en vriend in die bestek van 24 uur vermoor het, is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.
Lindokuhle Sikhakhane het Maandag skuldig gepleit vir die moord op sy verloofde Samkeliswe Mtshali en sy vriend Sandile Nene.
Die moorde het op 6 en 7 Januarie 2022 plaasgevind. Sikhakhane het in sy pleidooi gesê hy het vermoed sy verloofde het hom verkul nadat sy hom nie wou antwoord nie, dus het hy Nene betaal om hom na Mtshali se huis te neem.
Toe Sikhakhane vir haar sê hy is op pad na haar huis toe, het sy hom gebel en gesê sy is kwaad, want hy het haar swanger gemaak. Hy kon ’n man in die agtergrond hoor praat. Hy het gesê dit het sy vermoede dat sy hom verkul, bevestig en kwaad gemaak.
Hy en Nene het toe baklei, want Nene wou nog geld hê. Toe Nene uitklim om homself te verlig, het hy glo gesien Nene het ’n vuurwapen. Toe skiet hy Nene en ry weg met sy kar.
Sikhakhane het ‘n jaar voor die voorval ’n nommer gebel wat hy op sy verloofde se foon gekry het. Die man wat geantwoord het, het bevestig hulle is in ’n verhouding.
Die dag nadat hy Nene geskiet het, het Sikhakhane gereël om sy verloofde te ontmoet sodat hulle saam huis toe kon gaan. Tydens die rit het hulle begin baklei en onder ’n boom stilgehou.
Toe sy weier om haar foon vir hom te gee en ontken dat sy met iemand anders in ’n verhouding was, het hy haar doodgeskiet en na sy ma se huis gegaan waar hy haar gesê het van die moorde. Daarna is hy na die SAPD om homself aan die polisie te oorhandig.
Bronne: IOL, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



