Minstens 92 mense het omgekom in ’n selfdood-bomaanval by ’n moskee in ’n polisiekompleks in Pakistan.
Meer as 300 mense was besig om by die moskee te bid, met meer wat op pad was toe die selfdood-bomaanvaller sy plofstofbaadjie geaktiveer het.
Die meeste van dié wat beseer is, was polisiebeamptes. Minstens 150 mense is in die ontploffing beseer en reddingspogings duur voort.
Die owerhede het nog nie bevestig wie verantwoordelik was vir die aanval nie, maar ’n lid van die Pakistan-Taliban het verantwoordelik vir die bomaanval op Twitter aanvaar, alhoewel die woordvoerder van die Taliban gesê het dit was nie hulle nie.
Bronne: Euronews, CNN, Talk Radio
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Hooggeregshof hoor Gerhard Ackerman wou glo selfdood pleeg



