Die polisie op Swartkops ondersoek ‘n saak na ‘n gru-botsing Sondagmiddag omstreeks 15:15 op die M17 in die Oos-Kaap.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van ‘n Nissan Livina, waarin ses passasiers was, het beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het oor die sypaadjie gery en gerol.
Drie persone, ‘n agtjarige seun, ‘n 25-jarige vrou en ‘n 35-jarige man, is in die ongeluk oorlede. Vier ander beseerdes is in die hospitaal opgeneem.
Kapt. Swart sê die persone se name sal bekendgemaak word wanneer die families in kennis gestel is.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



