Visserman deur haai op vissersboot gebyt

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Visserman (36) is Woensdagaand op ‘n vissersboot beseer toe hy deur ‘n haai gebyt is.

Jonathan Tufts, adjunk-stasiebevelvoerder vir NSRI in Gqeberha, sê ‘n noodoproep vir hulp is ongeveer 19:15 van die vissersboot ontvang.

Die vissersboot was besig met normale visvang-aktiwiteite toe die haai, wat in nette op die boot vasgevang was, die visserman gebyt het.

Die vissersboot het die Telkom Maritime Radio Services, MRCC (Maritime Rescue Coordination Centre) en die Transnet National Authority van die voorval ingelig terwyl hulle van die diepsee op pad na die hawe was.

Seereddingsbote is sewe seemyl van die kus af geaktiveer.

Oos-Kaapse nooddienste het by die NSRI se Gqeberha-stasie gewag.

Die visserman is deur NSRI se paramedici behandel.

Hy is in ‘n stabiele toestand na die Gqeberha-reddingstasie geneem waar hy aan Oos-Kaapse ooddienste oorhandig is en na ‘n hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.