Die 27-jarige Tshenolo Mabote het haar babatjie van 11 maande agtergelaat na haar eks-kêrel en ook die pa van hulle kind, haar na bewering op 22 Januarie met bakstene doodgegooi het.
Mabote se liggaam is Sondag gevind.
Daar word volgens Keep The Energy beweer Mabote se eks-kêrel het haar by haar huis met die bakstene aangerand. Toe hy glo besef sy is bewusteloos, het hy haar aan haar bene in ‘n straat afgesleep na sy eie huis toe. Toe die bure volgens Keep The Energy probeer het om te keer, het hy hulle glo met ‘n vuurwapen gedreig.
Toe hy Mabote na ‘n hospitaal geneem het, is hy in hegtenis geneem.
Die ANC-jeugliga het in ‘n verklaring gesê dat hy die moord ten sterkste veroordeel.



