‘n Man (34) sal binnekort in die Motherwell-landdroshof verskyn nadat hy glo in die besit van gesteelde gevriesde hoenders gevang is.
Die polisie het Donderdagmiddag inligting ontvang van ‘n man wat besig was om sakke gevriesde hoender in ‘n bakkie te laai.
Die bakkie waarin hy die hoender gelaai het, is glo vroeër die dag in Swartskops gekaap.
Die bakkie is later in Kwazakele, Gqeberha opgespoor en die hoender is gekonfiskeer.
Die hoender se waarde is R380 000.



