Angelique Gerber het op haar Instagram uitgevaar teen skindertonge wat beweer sy het ‘n kêrel.
Sy skryf op ‘n Instagram-plasing op haar Instagramblad sy en Mischa van Riel (die man op die foto) is net vriende.
Angelique skryf verder sy is moeg vir stories en mense se “lelike kommentaar oor ‘n situasie wat hulle regtig geen benul van het nie. Wie ek as ma is, my mens wees en hoe ek lyk word so gekritiseer, iewers sal ek moet opstaan en sê genoeg is genoeg!”
LEES OOK: Jacques Potgieter en Angelique Gerber ‘n ‘goeie voorbeeld’ vir ander ouers
Angelique vra die vraag waarom mag mans en vroue nie nét vriende wees nie en sê dan almal sal weet die dag as sy ‘n kêrel kry.
“Ek wens so mense kon net mooier met mekaar wees en meer genade toon teenoor ander wat klaar seer het en nie nog verder hulle skop of op hulle trap nie. Wel dit sê baie meer van daardie mens wat hulle vingers dieper in die wond wil druk as die persoon wat seer het. Mischa dankie vir die opregte vriend wat jy is. Ek en jy weet ons doen dinge reg. Lief vir jou my maat!”
Sien haar plasing hier.



