Bus ry teen versperrings in Bloemfontein vas

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mense is vanoggend beseer toe die bus waarmee hulle gery het in die padversperrings op die N1-hoofweg buite Bloemfontein vasgery het.

. ER24-paramedici en ‘n ander nooddiens het om 05h45 op die toneel aangekom om ‘n bus te vind wat die linkerbaan, gedeeltelik bo-op die versperrings, versper het. Verskeie mense is langs die pad gesien sit. Medici het die pasiënte behandel en gevind dat slegs drie volwassenes van die sewentig passasiers ligte beserings opgedoen het. Gelukkig is geen ernstige beserings of sterftes gevind nie. Die pasiënte is behandel en later na ‘n provinsiale hospitaal vervoer vir verdere sorg. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek. – AfriNUUS