Bejaarde vrou in Paarl vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (65) is Saterdag om 21:50 dood in haar huis in Joubertstraat, Paarl, Wes-Kaap gevind.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê polisielede het haar in een van die kamers van haar huis gevind. Sy het ‘n oop wond aan die agterkant van haar kop gehad en is op die toneel dood verklaar.

Die motief vir die aanval is onbekend. Nog geen arrestasies is gemaak nie. Die Paarl-polisie ondersoek die moord.

Enige persoon wat inligting het aangaande die misdaad word versoek om met Stop Misdaad by 08600 10111 in kontak te kom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.