Gauteng-man in hof vir 35 aanklagtes

Deel hierdie storie / Share this story

’n 38-jarige man is Sondag in Mayfield, Putfontein in hegtenis geneem vir minstens 35 sake, insluitend verkragting en ontvoering, waarmee hy verbind word.

Die sake waarmee die verdagte verbind word, strek terug tot September 2018. Die jongste slagoffer is 14 jaar oud. Die verdagte is vasgetrek deur ’n span polisiebeamptes van verskillende spesialiseenhede wat saamgestel is om die verdagte te vang.

Die verdagte sal na verwagting vandag in die Daveyton-landdroshof verskyn.

Bronne: IOL, African News Agency, Ghanamma, 247 News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man wat glo kinderseksring bestuur aangekla van poging tot moord