Elfjarige tydens huisroof vasgebind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Elfjarige seuntjie wat Maandagmiddag alleen by die huis was, is tydens ‘n huisroof in Trenance Park, KwaZulu-Natal vasgebind terwyl rowers die huis vir waardevolle items deursoek het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê van sy lede is 17:26 na die toneel ontbied. Die seun is glo deur twee gewapende verdagtes voorgekeer na hy die sekuriteitshek oopgemaak het om na ‘n snoepwinkel te gaan.

Die verdagtes het sy hande en sy bene met ‘n serp vasgebind.

Die huis is deursoek vir waardevolle items en die verdagtes het met twee televisiestelle, badkamerkrane en ander waardevolle items weggekom.

Die seun is gelukkig nie beseer nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.