’n Vroulike werknemer is glo Sondag in ‘n Oos-Londense winkel doodgesteek deur ’n man wat hom as ’n klant voorgedoen het.
Die vrou is aangeval deur ’n man wat homself as ’n klant voorgedoen het. Hy het haar glo deur die winkel gejaag toe sy probeer wegkom en het haar toe doodgesteek.
Die winkel se sekuriteitswagte het die verdagte gevang en mét die moordwapen aan die polisie oorhandig.
’n Sekuriteitsbeampte is tydens die vangproses met ‘n skerp voorwerp gesteek en die verdagte is glo ook beseer.
Bronne: IOL, 247 News, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: 28 dood in Tibet-sneeustorting



